Rio Tinto

Rio Tinto plc
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 1873
Hoofkantoor Londen, Engeland en Melbourne, VictoriaVerenigde Koninkryk en Australië
SleutelpersoneJan du Plessis (voorsitter van die Raad)
Sam Walsh (hoof uitvoerende beampte)[1]
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMetale en mynbou
ProdukteYstererts, bauxiet, aluminium, koper, molibdeen, goud, diamante, steenkool, uraan, titaandioksied, boraten, tafelsout en talk
Inkomste$51,171 miljard[2] (2013)
Bedryfsinkomste$7,430 miljard[2] (2013)
Netto inkomste$1,079 miljard[2] (2013)
Dogter-
maatskappye
Rio Tinto Alcan
Webwerfriotinto.com

Rio Tinto is 'n multinasionale mynbougroep wat in 1873 gestig is. Dit is die derde grootste steenkoolmaatskappy in die wêreld teen 2008.[3] Sedert 1995 is Rio Tinto 'n dubbelgenoteerde maatskappy. Rio Tinto Limited, voorheen bekend as Conzinc Riotinto of Australia (CRA) is op die Australiese beurs genoteer en Rio Tinto plc (voorheen RTZ) is op die Londense asook die New Yorkse beurse genoteer. Die twee maatskappye word as 'n enkele ekonomiese eenheid bestuur deur 'n gesamentlike raad met 'n aandeel in elke maatskappy wat die eienaar dieselfde stemreg en reg op diwidende verleen. RTZ aandeelhouers het sowat 76,7 persent van die nuwe eenheid uitgemaak wat hoofsaaklik uit Londen bestuur word.

  1. Chambers, Matt (17 Januarie 2013). "Sam Walsh to lead Rio Tinto after Tom Albanese steps down as chief executive". The Australian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2013. Besoek op 14 April 2014.
  2. 2,0 2,1 2,2 "Preliminary Results 2013" (PDF) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 Februarie 2018. Besoek op 14 April 2014.
  3. "BLCP Coal-fired Power Plant - The Climate Killer" (in Engels). Greenpeace. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2008. Besoek op 27 Februarie 2008.

Developed by StudentB